SoekGratis eetplan
Natuurlike gewigsverlies

Wat jy moet weet oor gewigsverlies

Bygewerk 14 Oktober 2020 · 9 min lees

Wat jy moet weet oor gewigsverlies

“Maar ek ís seksie,” lui die bekende grappie. “Seksie op seksie!”

 

Die humor van die situasie verdwyn egter vinnig as mens aanhoudend probeer gewig verloor, net om elke keer te misluk. 

 

Waarom is dit so moeilik om gewig te verloor en wat moet ‘n mens doen om suksesvol te wees?

Wat is die geheim?

 

Die meeste van ons weet wat om te doen om gewig te verloor. Eet minder, eet reg en kry genoeg oefening. Tog kry ‘n Google soektog vir ‘Hoe om gewig te verloor’ 830 000 000 trefslae.

 

Die rede daarvoor is waarskynlik omdat mense op soek is na ‘n maklike, vinnige oplossing. Om vet af te skud kos vasbyt, en nee, jy kan nie vasbyt aan ‘n stukkie sjokolade nie.

 

Kos wat koolhidrate bevat is ook iets waarin jy nie gereeld jou tande moet slaan nie. Die doel van koolhidrate in die liggaam is die verskaffing van energie.

 

Met minder koolhidrate in jou liggaam het jy nogsteeds energie nodig, en dis dan van daardie oortollige vet verbrand word.

 

Koolhidrate word in twee hoofkategorieë verdeel na aanleiding van die hoeveelheid suikermolekules wat dit bevat. Dit is eenvoudige en saamgestelde koolhidrate.

 

Eenvoudige koolhidrate is oor die algemeen minder gesond, maar daar is ook die wat wel goed is vir jou. Die goue reël is om weg te bly van verwerkte kosse.

 

Hierdie produkte is maklik om uit te ken. Voorbeelde van eenvoudige koolhidrate is:

 

 

Hierdie tipe kos word blitsvinnig deur die liggaam verteer, so jy is kort nadat jy dit geëet het weer honger. Boonop het dit min voedingswaarde, dis bloot onnodige kalorieë.

 

Eenvoudige koolhidrate wat wel voedingswaarde bevat sluit in melk,vrugte en neute. Dié kosse bevat natuurlike suiker en nie verwerkte suiker nie. 

 

Melk en vrugte is albei bronne van vitamine en minerale wat broodnodig is om jou uit die dokter se spreekkamer te hou. Vrugte bevat vesel wat ‘n moet is vir ‘n gesonde spysverteringstelsel.

 

Saamgestelde koolhidrate vat langer om te verteer. Energie vanaf hierdie voedselbronne word stadig deur die loop van die dag vrygestel.

 

Jy word dus nie so gou honger nie, maar die vangplek is dat jy daardie energie moet verbruik om te verhoed dat dit omgesit word in vet.

 

Dit behels oefening, en baie daarvan. As jy dus wil vet afskud so gou as wat jy kan, is dit beter om versigtig om te gaan met koolhidrate. Veral verwerkte suiker.

 

Bronne van saamgestelde koolhidrate sluit in:

Sny suiker uit

Nie net is te veel suiker ‘n resep vir gewig optel nie, maar ‘n oormaat suiker in jou dieet sal dit ook vir jou heelwat moeiliker maak om die gewig weer te verloor.

 

Hoe so? Het jy geweet dat suiker:

  1. verslawend is,
  2. verander hoe kos vir jou proe?

 

Dis nie om dowe neute dat ‘trooskos’ dikwels soetgoed is nie. Wanneer jy suiker inneem word stowwe wat jou laat goed voel in jou brein afgeskei.

 

Die ‘goeie gevoel’ veroorsaak dat jy weer en weer wil suiker eet, en sommige bronne beweer suiker kan net so verslawend wees soos kokaïne.

 

Dit is selfs moontlik om ‘n toleransie teen suiker op te bou. Dit beteken dat jy geleidelik meer suiker sal moet inneem om dieselfde euforiese effek te ervaar.

 

En die ergste…dit is bitter moeilik om jou suiker-inname te sny. Ja, jy kan onttrekkingsimptome kry. Dit sluit in ‘n gebrek aan energie, geïrriteerdheid en buierigheid.

 

Dit is een van die redes waarom talle mense moed opgee, en nooit hulle droom lyf kry nie. Jy sal beslis nie vir ewig sleg voel sonder suiker nie, maar vir sommige mense is dit net te moeilik.

 

Die oorgang na gesonde kos word verder bemoeilik deur die feit dat te veel suiker jou smaaksin beïnvloed. Jy kan in der waarheid nie meer so goed proe nie.

 

Dit gebeur omdat te veel suiker (asook sout en vet) letterlik die struktuur van jou smaakknoppies verander. Sout, suiker en vet is tipies die bestanddele van gemorskos.

 

Na ‘n ruk vind jy dat kos sleg proe sonder ekstra sout, en vrugte is eenvoudig nie lekker soet genoeg nie. Tensy jy oor sterk selfdissipline beskik, gaan jy nie gewig verloor nie.

 

As jy egter deurdruk gaan dit beslis makliker raak. Jou smaakknoppies sal mettertyd herstel as jy wegbly van suiker en ander ongesonde kos.

 

Suiker is nie net die oorsaak van onwelkome gewigstoename nie, maar lei ook tot gesondheidsprobleme soos diabetes en hartkwale.

 

Asof al hierdie dinge nie genoeg is nie, is daar nog ‘n suikerverwante lokval waarin jy kan trap: suiker is nie noodwendig net te vind in lekkergoed en nagereg nie. 

 

Suiker is orals, selfs in kossoorte waar jy dit nie verwag nie. Dit is dus maklik om ‘n fout te maak, selfs al probeer jy om suiker uit jou dieet te sny.

 

Bronne van versteekte suiker sluit in:

 

 

 

 

Volgens die Universiteit van California kruip daar versteekte suiker weg in 74% van verpakte produkte. Jou grootste wapen hierteen is om te leer hoe om die etiket op die produk te lees. 

Volg ‘n  laevet dieet

 

Dit klink soms na ‘n ingewikkelde storie om gewig te verloor, maar dit kom neer op een eenvoudige konsep:

 

Jy moet meer kalorieë verbrand as wat jy inneem. Dit beteken eenvoudig oefen meer en eet gesonde kos wat min vet en kalorieë bevat.

 

Vetterige kos bevat meer kalorieë per gram as proteïne en selfs koolhidrate. Boonop kan dit jou cholesterolvlakke die hoogtes in laat opskiet.

 

‘n Mens kan onderskei tussen goeie, gesonde vette en ongesonde vette. Gesonde vette is ‘n belangrike deel van jou dieet, maar moet dit nie oordoen as jy wil gewig verloor nie.

 

Eet hierdie kos om gesonde vette in te neem. Hou matigheid voor oë, te veel hiervan sal beslis jou planne om gewig te verloor in die wiele ry:

 

 

Bly ver weg van hierdie vetterige kos. Dit maak vet en is ongesond:

 

 

As jy self kosmaak, gee WebMD die volgende raad om jou maaltye so vetvry as moontlik te hou:

  1. Verwyder die vel en enige sigbare vet vanaf hoender voordat jy dit eet.
  2. As jy geregte soos sop en bredie vir ‘n rukkie in die yskas bêre sal ‘n lagie vet bo-op vorm. Jy kan dit dan verwyder voor jy opskep.
  3. Gebruik ‘n vleisrakkie wanneer jy vleis in die oond braai, sodat oortollige vet van die vleis kan afdrup.
  4. Gebruik gesonde opsies soos suurlemoensap, kruie en speserye om kos te geur in plaas van kaas, botter of romerige souse.

Oefening

Die liggaam is gemaak om te beweeg. Ons moet oefening kry – dit hou ons gesond en gelukkig. 

 

Ja, jy voel dalk nie gelukkig wanneer jy swetend snak na asem nie, maar oefening laat wel jou brein goedvoelhormone vrystel.

 

Dié help jou om meer vreugde uit jou daaglikse lewe te put. En natuurlik help oefening jou om kalorieë te verloor. Oefening alleen is nie genoeg nie, jy moet let op wat jy eet.

 

Jou liggaam verbrand ook kalorieë deur die loop van die dag wanneer jy minder aktief is.

 

Die goeie nuus is dat gereelde oefening daartoe lei dat jou liggaam meer kalorieë verbrand terwyl jy in ‘n rustende toestand verkeer.

 

5 wenke om jouself te motiveer 

Dit is relatief maklik om die bogenoemde riglyne suksesvol te volg as jy een of twee kilogram wil verloor. Dit sal ook nie langer as ‘n week of twee vat nie.

 

As jy egter ‘n groot hoeveelheid gewig wil aanspreek, raak dit ‘n stryd wat baie mense verloor. Hierdie mislukking laat ‘n mens moedeloos en waardeloos voel.

 

Waak daarteen om te hard op jouself te wees. Gewig verloor ís moeilik. As jy baie gewig moet verloor gaan dit lank vat. Trouens, jy kan jouself daaraan troos dat dit móét lank vat.

 

Stadige gewigsverlies hou die volgende voordele in:

 

 

 

 

 

 

Uithou en aanhou is werklik die enigste manier. Gebruik hierdie wenke om sterk te staan in jou stryd teen vet:

 

 

 

 

Boonop sal jy nie so maklik ‘n oefensessie misloop as iemand anders van jou verwag om daar te wees nie.

 

 

Stel dan eerder maandelikse doelwitte, soos 4kg per maand.

 

Vet is die vyand

Ons lewe in ‘n tyd waar dit onaanvaarbaar geraak het om negatiewe uitlatings te maak oor ‘n groter liggaamsbou.

 

Dit gaan egter daaroor dat daardie ekstra vetrolle jou lewenskwaliteit negatief beïnvloed. Jy voel swaar, beweeg moeilik en kan mediese probleme ontwikkel.

 

Gewig verloor kos deursettingsvermoë, maar jy gaan so goed voel dat dit alles die moeite werd was.

 

Hierdie artikel bevat algemene inligting en is nie mediese advies nie. Raadpleeg jou dokter of dieetkundige voordat jy jou dieet of medikasie verander. Individuele resultate verskil.

Meer om te lees

Die Ongelooglike Voordele van Appelasyn

Die Ongelooglike Voordele van Appelasyn

7 Dag Eat Plan – CSN DIEET

7 Dag Eat Plan – CSN DIEET

Aandete vir Vinnige Gewigsverlies: Heerlike en Effektiewe Resepte

Aandete vir Vinnige Gewigsverlies: Heerlike en Effektiewe Resepte

Hoe om baie gewig te verloor met die CSN DIEET

Hoe om baie gewig te verloor met die CSN DIEET

Gids: Hoe om Gewig te Verloor in Slegs 2 Weke

Gids: Hoe om Gewig te Verloor in Slegs 2 Weke

wat is ketose

wat is ketose

Eenvoudige eetplanne in jou inkassie.

Gratis

Deur in te skryf stem jy in om e-pos van ons te ontvang. Jy kan enige tyd uitskryf. Privaatheid